English Tariewe en Besprekings Hier is ons geleë (kliek vir kaart)

De Beersweg 89  |  Posbus 965, Strand 7139
Tel / Faks: 021- 85 44699  |  Sel: 0833 021 654 |   E-pos: 


Selfsorg huis te De Beersweg 89, Strand


Die huis is 160 meter van die swemstrand, stap afstand van kafees, restaurante, "supertube" en "put-put" baan. Die huis is ten volle toegerus met onder andere: skottelgoed wasser, eetgerei vir 6, stoof, yskas, mikrogolf, watersuiweraar "RO" stelsel, broodrooster, outomatiese wasmasjien en strykyster. Daar is ‘n ruim sit- eetkamer met ‘n televisie, DVD speler en DSTV dekodeerder - slegs gratis en SAUK kanale (bring asb. u eie kaart vir DSTV, of reel met ons vir ekstra fooi indien u DSTV verlang) - en radio.

Daar is ‘n badkamer + stort met ‘n aparte toilet.  In die vertrek is daar 'n binnebaraai vir winterdae [buite wel ook 'n braaidrom op wiele]. Parkering agter 'n ge-automatiseerde veiligheidshek vir u motors is beskikbaar.

Jammer, maar geen troeteldiere word toegelaat nie. Reel asb. vooraf vir kuiergaste wat oorslaap. Ons help graag met reelings vir motor huur en om u by die lughawe af te haal.



Omgewing Besienswaardighede (klik vir kaart)


Strand is ‘n veilige swem strand, heerlik vir kinders en populêr vir "surf", "paddle-ski", "windsurf", "jet-ski", "rubber-duck" ry, visvang en vlieër vlieg.

Ons het ‘n baie gewilde en groot inkopie sentrum "The Somerset Mall" 5km weg, met 'n Sterkinekor.

Die Strand is so 30 minute se ry van Kaapstad, 15 minute se ry van Stellenbosch en omring deur naby areas vir visvang, duik, staproetes en wyn proe.

Ons sien uit om u te ontvang en wens u ‘n voorspoedige reis na ons pragtige omgewing.


Villa Via, Gordonsbaai.
Strand strand.
Kogelbaai.